Modulekode | TBW 470 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | Holistiese pasiëntevaluasie, kliniese hipoteties-deduktiewe denkprosesse, diagnose, prognose en behandelingsbeplanning. Volledige behandeling van ‘n “praktykpasiënt”, aan die hand van ‘n spesiale "praktykpasiëntlêer", onder leiding van ‘n tutor. Die student bou op ‘n deurlopende basis ‘n portefeulje op oor die kliniese en administratiewe prosesse met betrekking tot die "pasiënt'. Die portefeulje verskaf die student se jaarpunt, wat op ‘n 50:50-basis met die eksamenpunt die finale slaagpunt bepaal. Die eksamenpunt word bepaal wanneer die student die praktykpasiëntgeval voor ‘n gehoor en paneel van evalueerders voordra. Toepassing van besigheidsbestuursbeginsels gedurende pasiëntbestuur. Voorbereiding van die student vir ‘n sinvolle en suksesvolle loopbaan in ‘n toenemend komplekse besigheids- en gesondheidsorgomgewing. Toepassing van bepaalde beginsels en vaardighede in terme van: • Sielkunde in die tandheelkundige praktyk. • Politieke parameters in tandheelkunde. • Sosiologie en tandheelkunde. • Etiek vir die tandheelkundige. • Loopbaangeleenthede. • Bestuur van ‘n praktyk. Hierbenewens behoort studente ‘n begrip te hê van die ekonomiese, kulturele, wetlike en regulerende omgewing ten einde pasiëntbestuur te ontwikkel en te optimaliseer. |
Modulekrediete | 19.00 |
Programme | |
Voorvereistes | DFA 370,FAR 370,FSG 370,GNK 388,GPS 380,MDB 370,ODO 370,OFC 370,PDL 370,TBW 370 |
Kontaktyd | 1 besprekingsklas per week, 1 ander per week, 1 lesing per week, 1 praktiese sessie per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Tandheelkundige Bestuurswetenskappe |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App